Word deel van die Groenkloof-familie en vind nuwe betekenis in aftrede.

Ons is trots daarop om die volle spektrum van aftree-opsies aan afgetredenes te kan offer. Dit sluit in Eie Titel of Lewensreghuise, Bystandswoonstelle, Sorgeenhede, George Rehabilitasie en Subakute Hospitaal, en verskeie gemeenskapsfasiliteite waar inwoners hulle belangstellings kan uitleef.

Tog is die wese van Groenkloof nie te vind in ons huise en fasiliteite nie, maar eerder in ons mense en hoe ons as gemeenskap saamleef.

Ons oorde sal uiteindelik die tuiste wees van meer as 1700 families, onderwyl meer as 1100 families reeds hulle tuiste in Groenkloof gevind het.

Vind meer uit

Groenkloof aftree-oorde. Ons is trots daarop om die volle spektrum van aftree-opsies aan afgetredenes te kan offer.
Groenkloof aftree-oorde. Ons glo in 'n holistiese benadering tot sorg.

Ons glo in 'n holistiese
benadering tot sorg.

Ons visie is om 'n selfversorgende leefstyl aan te moedig met deernisvolle sorg byderhand. Ons glo dat welstand uit meer bestaan as net fisieke gesondheid en daarom moedig ons 'n omgewing aan waarbinne elke inwoner se fisieke, kognitiewe, emosionele en geestelike welstand bevorder kan word.

Groenkloof se unieke versorgingsmodel word gerugsteun deur meer as 18 jaar se ondervinding in tuisversorging, dagsorg, bystandsorg, verswaktesorg en sub-akute sorg wat as van die beste in die Suid-Kaap gereken kan word.

Ons fasiliteite, programme, byeenkomste en aktiwiteite bevorder sosiale interaksie. Inwoners voel gou deel van die Groenkloof-familie en vind so nuwe betekenis in aftrede.

Vind meer uit

"Uitsonderlike sorg…
ons passie en prioriteit"

Sorgeenhede in Groenkloof George en Groot-Brakrivier

‘n Wye verskeidenheid Tuisversorgingsopsies

Kort-, oorgang- lang termynsorgopsies

Verswakte sorg: Uitsonderlike sorg teen redelike pryse

Bystandswoonstelle moedig 'n onafhanklike leefwyse aan met versorging byderhand

Rehabilitasie en Subakute hospitaal in George

Tuinroete aftrede

Groenkloof aftree-oorde

Om af te tree in die Tuinroete bied baie voordele. Slaan munt uit die voordele wat Groenkloof jou bied.